AfriForum wen studenteraadsverkiesing by Tukkies

A MyPTA.co.za selected video for you:


AfriForum Jeug het gister stof in die oë van ander kampus-organisasies geskop deur 50% van die verkose setels van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) by die Universiteit van Pretoria (UP) se studenteraadsverkiesing op te raap.

“AfriForum Jeug gaan in die volgende jaar vir Afrikaans ’n vastrapplek gee, verhoed dat koshuise in woonstelblokke verander en studente mobiliseer om op te staan teen rasgedrewe beleide,” het Monique du Randt, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

AfriForum Jeug het 6 uit die 12 setels verkry, insluitend twee setels op die uitvoerende bestuur van die studenteraad.

Die uitslag van die verkiesing is soos volg:
· AfriForum Jeug: – 50% (6 setels)
· Radical Youth Coalition – 8.3% (1 setel)
· South African Student Congress (SASCO) – 8,3% (1 setel)
· Democratic Alliance Student Organisation (DASO) – 8.3% (1 setel)
· Onafhanklike kandidate – 25,1% (3 setels)

“Die tempo waarteen AfriForum Jeug se steun onder jongmense groei, is ? bewys van die stem van protes wat onder studente posvat teen die ANC se rasse-ideologie wat deurgaans op universiteitskampusse deurgestoomroller word,” het Eduan Dupper, adjunk voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

AfriForum Jeug het die portefeuljes van penningmeester, adjunk sekretaris, studie finansiering, nagraadse en internasionale studente en transformasie verower.

Die studenteraad word verder saamgestel deur ? ekstra sewe ex officio lede uit ander strukture soos Tuks Jool, koshuise, studentesport, studentekultuur en akademiese organisasies.

Studente kon in totaal tussen een en 10 kruisies onder die sowat 60 kandidate verdeel. AfriForum Jeug het ‘n totaal van 12 537 ingeoes.

CLICK HERE to submit your favourite Pretoria videos.

Visit the MyPE YouTube Channel.

This Tukkies video was automatically curated and published with WP Robot plugin – CLICK HERE to learn more about WP Robot for WordPress – a massive time and money saver.

Read, Republish and Submit Press Releases to MyPR.



Previous:
About Alan

My ethos is espoused in the words of Nelson Mandela: “I have fought against white domination and I have fought against black domination. I have cherished the idea of a democratic and free society. If need be, it is an ideal for which I am prepared to die.”

You will always find me standing on the side of the underdog OR HERE.